Wednesday, July 8, 2009



Woensdag, 1 Julie.

Ek en Buckle is op ons eie in studio toe. Dit is Teejay se meisie se verjaarsdag. Ons werk aan die struktuur van ‘n moontlike single, die song is baie cock rockerig, Teejay dans snaaks as hy dit hoor.

Donderdag, 2 Julie.

Ons is veronderstel om vandag in studio toe te gaan, maar Teejay het ‘n vrot pie geëet, of iets. Hy sê dit is voedsel vergitiging. Ag shame, mamma.

Vrydag, 3 Julie.

Vandag het ons met Albert en producer Neal Snyman gemeet. Hy het met baie bekende internasionale musikante gewerk. Dit is vir my nogal ‘n eer is om met iemand te praat wat al met Bjork gewerk het!

Na die meeting is ons studio toe. Ons het lirieke vir twee songs geskryf en het die struktuur van ‘n ander een uit gewerk.

“Late nights in ecstasy, just like a dream, but then you have to wake up. Facing reality I came to see I have to get out.”






Saterdag, 4 Julie.

Ons het die songs wat ons gister geskryf het opgeneem. Vir ons album gaan ons alles behalwe die dromme in Coffee Stained Vinyl, Teejay se studio opneem. Ons het die aand bietjie gewerk aan ons set vir ons aukoestiese show.

Sondag, 5 Julie.

Ek het gisteraand ‘n heeltemal ander idee gekry vir die cock rock song. Ek het die kitare en klavier getrack. Buckle het die bas kitaar opgeneem en Odendaal het die dromme sommer geprogrammeer.

Maandag, 6 Julie

Dit is vreemd hoe dinge soms ander as verwag is uitwerk. Ons het gedink die song gaan een rigting, toe werk ek ‘n sexy bassline uit, nou gaan dit ‘n hiphop rap liedjie word, ons gaan vir ons vriend Jack Parow vra om in engels te klets.

Gerdus Oosthuizen

No comments:

Post a Comment