Sunday, July 26, 2009

Goeie dag jip-vrinne. Dis week drie in die

ateljee en ons vorder goed. Het 'n paar stadige dae gehad, maar die album gaan betyds klaar wees en, sjoe, dit gaan flippen kief wees...


Woensdag 15 Julie 2009


Hierts, nog n dag. Dit was buckle se beurt om die baskitaar neer te lê. Ons het sommer al die bass klaar gemaak op een dag. Sy nuwe badboy-bass klink beneuk en lyk so sexy! Gerdus sit net en werk aan 'n taak. Dis sy beurt na Buckle.


Donderdag 16 Julie 2009


Gerdus lyk vars, die kitaar amps staan in 'n ry reg om mure te blaas. Ons begin die eerste song met 'n combo tussen sy Mesa Boogie en 'n Orange Cab. Klin

k ongelooflik en natuurlik is GDawg op sy game en

sit die een na die ander song neer sonder enige moeite. Hy en Buckle begin Maandag 20 julie weer met klas op Stellenbos so ons het nie veel van 'n keuse om hulle tracks agter die rug te kry nie. Ons gaan di

e naweek Bloemfontein toe vir die MK Mystic Sessies saam met aKing. Lekker, lekker...


Vrydag 17 Julie 2009


Marésa Landman het ons weer gejoin om die song wat ons Dinsdag mee begin het klaar te maak. Ons het nie baie tyd nie want Adriaan Louw het ook 'n photoshoot gereel vir vandag. Die hele studio is vol ballonne en ons staan tussen dit terwyl hy ons sê watter tipe ges

igsuitdrukkings ons moet gooi. Ons het ook later 'n acoustic band practice geskeduleer saam met Marésa en Gerhard vir ons acoustic show by Rock Room in Stellenbos op die 23ste Julie...wees daar!

Saterdag 18 Julie 2009


Gistraand was daar weer gemakietie. Ons vlieg vanoggend Bloemfontein toe vir die

MK Mystic Sessies show. Bloem is koud en die lughawe klein. Die manne van aKing sleep almal saam. Ons bly by Mizpah Lodge. 'n Baie mooi plekkie aan die rand van Bloem. Jack Parow het sy vlug gemis so hy wys ook gesig. Blykbaar was Die Heuwels Fantasties se show 'n wenner.

Hunter en Jack Parow lyk maar sleg. Die show was lekker. Baie mense en 'n goeie vaaib. Selfs 'n paar Sprinbokke het die show kom kyk. Ditsem...


Sondag 19 Julie 2009


Ons sit op die lughawe. Negatief, siende die vlug laat is en Teejay is kwaad vir Bloemfontein. Hy was sleg beroof die aand van te vore. Almal wil net huistoe gaan.


Maandag 20 Julie 2009


Vandag is 'n admin dag. Het 'n meeting gehad met Neal Snyman wat vir ons gaan mix en sy werksmaat Dan wat die tromopnames gaan doen.

Almal is opgewonde.

Geen studio tyd vandag nie...


Dinsdag 21 Julie 2009


Ek (Teejay) en Odendaal is vandag in. Die ander boys is nou weer besig met studies en kom eers weer die naweek in. Ons het die rhythm kitare neergele vir meeste van die tracks. More is 'n production dag so vanaand maar vroeg uitpaas. Oor en uit vrinne...sien julle gou


Wednesday, July 15, 2009

Week 2

Ons trek nou by ons tweede week in die studio. Eintlik kan mens dit nog Pre-Production noem,
maar dit is alles deel van die proses en baie belangrik. Die CD word nogsteeds September uitgereik.

Woensdag 8 Julie
Vandag was beslis ‘n verandering van roetine vir ons. Ons het belsuit om bietjie tyd te spandeer aan lirieke skryf en gesels oor wat dit nou eintlik is wat ons sê met elke tune. Dit was beslis interessant en ons het opgeëindig met ‘n braai en kuier saam met ons manager. Als nogsteeds baie produktief natuurlik.

Donderdag 9 Julie
Daar is ‘n idée van ons wat begin het met ‘n drum beat en stelselmatig ontwikkel het van laas jaar af na ‘n tune toe waaaroor ons almal nou baie amped is. Dit was beslis goed dat ons vergeet het van hom vir so lank. Ek dink dat die ouens meestal sal kan relate met die konsep..
No you can’t disguise this heavy heart you own

En so an. Ons het vandag gewerk aan sy structure en melodies.

Vrydag 10 Julie
Ons het begin met ‘n idée wat lekke pop is. Na ‘n effense creative block wat ons ondervind het was daar ‘n break through wat beslis vir die beste was. Dit was een van daai situasies waar jy so gatvol is dat jy wil opgee, mar baie bly is dat jy nie het op die ou ent nie.
Open your heart and make a tone, lets go...
(Een van daai feel-good melodies)

Saterdag 11 Julie
Um, wel ek sou wou se dat ons heeldag baie produktief was, maar soos julle weet word ons musiek gelabel as “Party Rock ‘n Roll” vir ‘n rede en gisteraand was Vrydagaand. Ons het wel ‘n goeie laaste uur ingesit met ‘n skielike idée van Gerdus op die kitaar wat gelei het tot ‘n lekker vuil Rock tune. Ek dink dis nogal van pas as mens in ag neem hoe ons gevoel het.

Sondag 12 Julie
Almal moet oefen, en ons het vandag aan ‘n bietjie band practise gededicate. Ons gaan die komende naweek in Bloemfontein by die Rock fest saam met aKing jam. En ja, ons kan nog ons ou tunes ook speel. Hard. Ons geniet dit in ‘n manier meer as ooit, aangesien ons weet dit gaan die laaste keer in ‘n tydjie wees wat ons daardie liedjies gaan jam.

Maandag 13 Julie
Dankie Marshall Music! Buckle het vandag ‘n nuwe bass gekoop en ons het toerusting gan optel wat ons leen by Marshall Music vir die final tracking van die album. Buckle se nuwe bass is damn sexy en almal het nuwe energie na die naweek en a.g.v die baie mooi amps wat ons nou in die studio het.

Dinsdag 14 Julie
Daar was vandag twee nuwe gesigte in die studio. Twee goeie vriende, Marise Landman en Gerhard van Heerden. Marise het vir ons kom Klavier speel en Gerhard viool. Ons het vandag spesifiek gewerk aan ‘n liedjie wat daai twee instrumente in moet feature, maar het besluit ons sal hulle beslis weer en live gebruik. Ek wil net weereens vir hulle dankie sê. Dis altyd lekker om met mense wat damn musikaal is te werk en te leer van hulle af.

Odendaal Esterhuyse

Wednesday, July 8, 2009



Woensdag, 1 Julie.

Ek en Buckle is op ons eie in studio toe. Dit is Teejay se meisie se verjaarsdag. Ons werk aan die struktuur van ‘n moontlike single, die song is baie cock rockerig, Teejay dans snaaks as hy dit hoor.

Donderdag, 2 Julie.

Ons is veronderstel om vandag in studio toe te gaan, maar Teejay het ‘n vrot pie geëet, of iets. Hy sê dit is voedsel vergitiging. Ag shame, mamma.

Vrydag, 3 Julie.

Vandag het ons met Albert en producer Neal Snyman gemeet. Hy het met baie bekende internasionale musikante gewerk. Dit is vir my nogal ‘n eer is om met iemand te praat wat al met Bjork gewerk het!

Na die meeting is ons studio toe. Ons het lirieke vir twee songs geskryf en het die struktuur van ‘n ander een uit gewerk.

“Late nights in ecstasy, just like a dream, but then you have to wake up. Facing reality I came to see I have to get out.”






Saterdag, 4 Julie.

Ons het die songs wat ons gister geskryf het opgeneem. Vir ons album gaan ons alles behalwe die dromme in Coffee Stained Vinyl, Teejay se studio opneem. Ons het die aand bietjie gewerk aan ons set vir ons aukoestiese show.

Sondag, 5 Julie.

Ek het gisteraand ‘n heeltemal ander idee gekry vir die cock rock song. Ek het die kitare en klavier getrack. Buckle het die bas kitaar opgeneem en Odendaal het die dromme sommer geprogrammeer.

Maandag, 6 Julie

Dit is vreemd hoe dinge soms ander as verwag is uitwerk. Ons het gedink die song gaan een rigting, toe werk ek ‘n sexy bassline uit, nou gaan dit ‘n hiphop rap liedjie word, ons gaan vir ons vriend Jack Parow vra om in engels te klets.

Gerdus Oosthuizen