Wednesday, July 15, 2009

Week 2

Ons trek nou by ons tweede week in die studio. Eintlik kan mens dit nog Pre-Production noem,
maar dit is alles deel van die proses en baie belangrik. Die CD word nogsteeds September uitgereik.

Woensdag 8 Julie
Vandag was beslis ‘n verandering van roetine vir ons. Ons het belsuit om bietjie tyd te spandeer aan lirieke skryf en gesels oor wat dit nou eintlik is wat ons sê met elke tune. Dit was beslis interessant en ons het opgeëindig met ‘n braai en kuier saam met ons manager. Als nogsteeds baie produktief natuurlik.

Donderdag 9 Julie
Daar is ‘n idée van ons wat begin het met ‘n drum beat en stelselmatig ontwikkel het van laas jaar af na ‘n tune toe waaaroor ons almal nou baie amped is. Dit was beslis goed dat ons vergeet het van hom vir so lank. Ek dink dat die ouens meestal sal kan relate met die konsep..
No you can’t disguise this heavy heart you own

En so an. Ons het vandag gewerk aan sy structure en melodies.

Vrydag 10 Julie
Ons het begin met ‘n idée wat lekke pop is. Na ‘n effense creative block wat ons ondervind het was daar ‘n break through wat beslis vir die beste was. Dit was een van daai situasies waar jy so gatvol is dat jy wil opgee, mar baie bly is dat jy nie het op die ou ent nie.
Open your heart and make a tone, lets go...
(Een van daai feel-good melodies)

Saterdag 11 Julie
Um, wel ek sou wou se dat ons heeldag baie produktief was, maar soos julle weet word ons musiek gelabel as “Party Rock ‘n Roll” vir ‘n rede en gisteraand was Vrydagaand. Ons het wel ‘n goeie laaste uur ingesit met ‘n skielike idée van Gerdus op die kitaar wat gelei het tot ‘n lekker vuil Rock tune. Ek dink dis nogal van pas as mens in ag neem hoe ons gevoel het.

Sondag 12 Julie
Almal moet oefen, en ons het vandag aan ‘n bietjie band practise gededicate. Ons gaan die komende naweek in Bloemfontein by die Rock fest saam met aKing jam. En ja, ons kan nog ons ou tunes ook speel. Hard. Ons geniet dit in ‘n manier meer as ooit, aangesien ons weet dit gaan die laaste keer in ‘n tydjie wees wat ons daardie liedjies gaan jam.

Maandag 13 Julie
Dankie Marshall Music! Buckle het vandag ‘n nuwe bass gekoop en ons het toerusting gan optel wat ons leen by Marshall Music vir die final tracking van die album. Buckle se nuwe bass is damn sexy en almal het nuwe energie na die naweek en a.g.v die baie mooi amps wat ons nou in die studio het.

Dinsdag 14 Julie
Daar was vandag twee nuwe gesigte in die studio. Twee goeie vriende, Marise Landman en Gerhard van Heerden. Marise het vir ons kom Klavier speel en Gerhard viool. Ons het vandag spesifiek gewerk aan ‘n liedjie wat daai twee instrumente in moet feature, maar het besluit ons sal hulle beslis weer en live gebruik. Ek wil net weereens vir hulle dankie sê. Dis altyd lekker om met mense wat damn musikaal is te werk en te leer van hulle af.

Odendaal Esterhuyse

1 comment:

  1. hey boys! ek't hierdie gevind deur luca se blog. nice - good luck met die recording. en buckle... jou bass bra, jou bass! ahhhhhh! what a beauty.

    ReplyDelete